Kowie kano- en wandelroete

Deel van Suid-Afrika se “Sonskynkus”, tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, is die skilderagtige dorpie, Port Alfred. Dit bied ‘n heenkome vir natuurliefhebbers wat van die daaglikse gwoel wil ontvlug. Die klimaat is gematig en daar is ‘n beskutte hawe waar die Kowierivier in die see uitmond en bied ‘n ideale plek vir waterverwante aktiwiteite, insluitend die gewilde Kowie Kano- en Wandelroete wat by Port Alfred begin en eindig by Horsehoe Bend in “Water’s Meeting Place” natuurreservaat.

Die Kowie Kano- en Wandelroete neem twee dae om te voltooi wat voldoende tyd bied om die natuurskoon en wildlewe langs die roete te geniet. Die roete strek oor 21 kilometer met ‘n hut, toiletfasiliteite en ‘n braaiarea (vir maksimum 16 mense) te Horseshoe Bend. Vanaf dié punt is daar drie, ses en nege myl staproetes om die uitstappie mee af te sluit. Die roete gaan deur inheemse woude met besondere clivias en strelitzias wat oral kleur verskaf. Dit gaan om die opgaardam vanwaar Port Alfred se water kom totdat dit begin daal na Water’s Meeting Place waar vars en seewater mekaar tydens hoogwater ontmoet ─ 28 kilometers van die see! By hierdie punt het die vroeë pioniersdie Kowierivier met hul ossewaens oorgesteek.

Met die een oewer van die rivier ‘n natuurreservaat, is ‘n tog langs die Kowierivier die moeite werd. Enorme aalwyne met hul helder oranje blomme is prominent tussen die die plante wat tot teen die rivier groei en op ander plekke weer teen steil kranse. Die voëllewe is elke voëlkyker se droom met ‘n verskeidenheid visarende, seemeeue, ryers en visvangers wat hul verskeidenheid visvangtalente ten toon stel. Die helderkleurige Knysna-loerie is ook te vind in die bome en vanaf die rivieroewer wanneer hulle kom waterdrink. Talle besoekers aan Port Alfred het die Kowie Kano-en Wandelroete tot hul lys van stimulerende vakansie ervarings gevoeg.