Kwaito Musiek in Suid Afrika

Kwaito is in die middel van die Suid-Afrikaanse jeug kultuur. Meer as
net musiek, het kwaito die rol onder die swart Suid-Afrikaners geneem, soos
“hip hop” in Amerika. Kwaito is basies ‘n manier van lewe,
en beïnvloed kleredrag, spraak en dans. Kwaito is
verteenwoordigend van lewe in die nedersettings, en die ritme in die harte van
die Suid-Afrikaanse jeug.

Kwaito se klank het sy oorsprong in die Johannesburgse nedersettings en
kan deesdae deur die hele nasie gehoor word in nagklubs, deur oordonderende
taxi luidsprekers, in winkels, op die radio en in die strate. Maar wat is
kwaito? Dit is uniek aan Suid-Afrika en kan beskryf word as ‘n samesmelting
van disco musiek, hip hop, R&B, internationale “house”-musiek en plaaslike
Reggae. Stemtone word bygelas, maar is gewoonlik geskree oor ‘n stadig tempo
met ‘n Afrika slag. Dit is die tipe musiek wat jou voete laat beweeg. Die
lirieke is baie keer ‘n mengsel van Sui- Afrikaanse tale en Engels. Baie
keer na verwys as Isicamtho of tsotsitaal. Die naam Kwaito kom van die
Afrikaanse woord “Kwaai”, wat tans in Suid Afrika as ‘n slêng woord
gebruik word om uit te druk dat iets goed of wonderlik is.

Kwaito se oorsprong in Johannesburg in die 1990’s, was begin toe ‘n groep
musikante besluit het om internationale klanke met hulle plaaslike werk te
meng, wanneer hulle in Suid-Afrika optree. Leiers in die ontwikkeling van
Kwaito was Arthur Mafokate, Mdu Masilela, Oskido en Makhjenlasi. Baie van
die liedtjies wat geskryf was, was gerig op die opressie van swart mense in Suid-Afrika en die swak toestande in die nedersettings. In die laat 90’s en
vroeë 2000, het die populariteit van Kwaito soos ‘n veldbrand versprei, en
het selfs lande soos die VSA en Europa bereik. Ouer generasies het baie
gekla oor die stellige lerieke asook die sensueele vorm van dans wat gepaard
gaan met die musiek. Maar ongeag van die verskillende opinies, het die jeug
van Suid-Afrika Kwaito met ope arms verwelkom. Welbekende Kwaito
kunstenaars is Mandoza, Zola, Brown Dash, Chippa, Unathi, Mahoota, Mzambiya,
Spikir en baie meer.

Kwaito is besig om sy merk te los op die kultuur en geskiedenis van Suid-Afrika. Die unieke klanke van hierdie musiek het ‘n mode begin wat deur die
land se jeug versprei, oor verkillende agtergronde en deur menige rasse.
Kwaito, is trots Suid-Afrikaans.