Leefstyl SA Fees ─ Fokus op Swart

Afro-politaans is ‘n woord wat geskep is om Suid-Afrika se swart mense, wat diep in hul eie kultuur gewortel is en wat hulle beskou as die beeld van hul identiteit, te beskryf. Hierdie begrip veronderstel nietemin die feit dat hulle bestaan binne ‘n kosmopolitaanse omgewing wat deur Westerse voorkeure en verbruikerspatrone beïnvloed word. Die Lifestyle SA Festival ─ Celebrating Black word beplan by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van 7 tot 9 Desember

Die Lifestyle SA Festival ─ Celebrating Black sal die behoud van die sogenaamde swart kultuur aanmoedig asook terselfdertyd die bou van ‘n plaaslike ekonomie probeer bevorder. Dit kan bewerkstellig word deur die gebruik en ondersteun van plaaslike talent met betrekking tot modeontwerp, musiek en die beeldende kunste. Besoekers aan die fees sal vermaak word met stylvolle sensoriese ervarings van klank en beeld wat die werklike kern van die Afro-politaanse leefstyl is. Dit sluit in gasvryheidsitkamers waar netwerk geleenthede bespreek kan word en ook ‘n fokus op modeontwerpe deur plaaslike ontwerpers.

Besoekers kan ook uitsien na vermaak deur ‘n aantal sogenaamde Afro-Fusion musiekgroepe en komediante. Hierdie lys sluit in Miss Lira, wat beskou word as een van beste nuwe Jazz supersterre in Suid-Afrika. CODA sal ook daar wees om die gehore bloot te stel aan hul toenemend gewilde populêre “tuisgemaakte” klank wat Afrikamusiek en elektriese kitare kombineer. Die multinasionale en veelrassige groep, Freshly Ground, is reeds in die buiteland bekend met hul eie musiekstyl wat Afro-ritme, dans, jazz en klassieke beïnvloeding toon. Die Drie Jong Tenore van Gugulethu gaan ook daar wees en bewys dat operamusiek steeds ’n belangrike plek in die moderne samelewing het. Jimmy Dludlu gaan ook optree om te wys waarom hy reeds verskeie toekennings ontvang het.

Die produk van ‘n sosiale opheffingsprojek, die Houtbaai Musiekprojek, gaan kinders van die informele nedersetting by Houtbaai die geleentheid bied om te wys hoe goed hulle van spanwerk en skeppende vermoëns gebruik gemaak het deur ‘n ongelooflike orkes tot stand te bring. Komediante Loyiso Gola en Ndumiso Lindi gaan sorg vir ‘n komiese blik in die problematiek van die “Nuwe Suid-Afrika” vanuit ‘n swart perspektief.

‘n Markiestent sal opgerig word waarin Mzolis Place, ‘n gewilde Tshisa Nyama plek in die Gugulethu nedersetting, herskep gaan word vir besoekers. Uitstaande vermaak sal daar die goeie kos komplimenteer waarvoor Mzolis Place beroemdheid verwerf het.

Met die afskop van die fees in Kaapstad word die weg gebaan vir soortgelyke feeste in Johannesburg van 2 tot 4 Mei en van 29 tot 31 Augustus 2008 in Durban. Daar is min twyfel dat Lifestyle SA Festival ─ Celebrating Black ‘n gevestigde aandeel in die Suid-Afrikaanse kalender sal verwerf.