Lugballon Safaris in Suid Afrika

Terwyl jy rustig deur die lug sweef kyk jy oor die rand van die mandjie
en sien die pragtige lande, valleie en riviere onder jou. Dit is die
wonderlike lugballon safaris in Suid Afrika. Daar is nie n beter manier om
die Suid Afrikaanse landskap te leer ken nie. Lugballon safaris in Suid
Afrika bied die besoeker n unieke avontuur, en die vryheid om op die vlerke
van die wind te seil. Terwyl lugballonne in die verlede n vorm van vervoer
was, het die lugballon safaris ‘n populêre aktiviteit onder toeriste
geword.

Lugballonne was in 1969 in Suid Afrika gevestig en was eers gebruik vir
verkenning deur die militere troepe. Die Aero Club van Suid Afrika het in
1972 sy lugballon afdeling gestig. In 1976 het sestien lugballon loodse in
die Internasionale Ballon Resies deel geneem wat in Johannesburg begin het
en in Durban klaar gemaak het. Dit is ook die jaar wat die popuariteit van
lugballonne, in Suid Afrika toegeneem het.

Jou lugballon safari gaan jou definitief vroeg uit die kooi uit kry,
omrede meeste lugballon ritte voor sonop begin. Nadat jy by die vertrek
punt aangekom het, sal jy toegelaat word om te help met die lugballon se aan
mekaar sit, en jy sal n volledige les kry in die verskeie dele en hoe hulle
werk. Binne kort sal jy jouself stadig voel opstyg tot tussen tien en
twintig meter bo die grond. Die ballon sal jou stadig deur die lug vervoer
en vir die volgnde uur sal jy stom geslaan wees deur die fantastiese
uitsigte wat stadig lewendig word met die warm dansende strale van die son
opkoms. Lugballon reise is n aktiviteit wat die hele familie kan ervaar en
geniet. Die gevoel van rus en vrede en die mooiste uitsigte is die onkoste
werd. Meeste lugballon instellings bedien reisigers met n smaaklike
sjampanje onbyt nadat hulle geland het, die ideale manier om jou avontuur
die eindig.

Daar is n paar punte om aan te dink voordat jy op so n ondervinding
besluit. Lugballon reise is afhanklik van die weer, en mis, reen en sterk
winde is te gevaarlik vir die lugballonne. Dit is vir hierdie rede dat
lugballonne voor sonsopkoms opstyg. Gemaklike klere en praktiese skoene
word ook aan geraai, en ‘n sonbril en hoet is ook nie n slegte idee nie.
Onthou ook die kamera, want so n ondervinding moet aan ander gewys word.
Bespreekings vir jou Suid Afrikaanse Lugballon ervaring moet om en by twee
weke vooruit gedoen word, om rede die aktiviteit so populer is en spasie is
min. Jou bespreeking sal n paar dae voor jou vlug, met jou bevestig word,
as die weer saam speel.

Daar is heel wat plekke wat lugballon reise aanbied deur Suid Afrika.
Die populerste plekke sluit die Kaapse Wynlande, Magaliesberg, Drakensberg,
Natal Midlands, Oudtshoorn, Hoedspruit, Sabie en Hazy View in.

Drakensberg/KwaZulu Natal Midlands
Lugballon reise in hierdie area word deur Airborne Adventures aangebied.
Die maatskappy het menigde opstyg punte vanwaar jy die Midlands, Kamberg
Vallei en die nabye Giants Castle kan sien. Vlugte deur ongeveer n uur,
waarna ontbyt voorberei sal word, en n glasie sjampanje geniet kan word.

Kaapse Wynlande
Ontdek die asemrownede Boland, net n uur buite Kaapstad. Lugballon vlugte
styg oor die mooie Berg Rivier Vallei op, waarna jy rustig oor die wynland,
orgidees en aaneenlopende velde sal sweef. Die wind sal jou veilig op jou
stil reis dra, waarna jy na die Grande Roche Hotel geneem sal word vir n
heerlike ontbyt.

Hartebeespoort Dam – Gauteng
Hierdie pragtige land bied van die beste weer vir lugballon vlugte. Terwyl
jy stilweg oor die land sweef, sal jou oê vermaak word met vonkelende damme
en van die mooiste valleie. Drink rustig aan jou glasie sjampanje, terwyl
die uitsig om jou waardeer. Bill Harrop offer hierdie wonderlike
ondervinding aan duisende belangstellendes elke jaar, en die avntuur sal
ewige, en onvergeetlike herinneringe by jou los.

Pilansberg Natuur Reservaat
Kom ervaar die nuutse manier om die wilds lewe te ervaar. Daagliks, voor
sonop, vertrek besoekers in lugballonne om die natuur vanuit n voel se
oogpunt, te besigtig. Na hierdie ongelooflike natuur ervaring kan jy terug
aarde toe kom vir sjampanje en n vol onbyt, terwyl jy en jou vriende of
familie julle avontuur bespreek. Verbeel jouself die ondervinding om
stilletjies oor ‘n olifant re rug of verby ‘n slapende familie leeus te
glip.

Lugballon safari’s in Suid Afrika is inderdaad n ongelooflike ervaring,
en aanbeveel aan almal.