‘n Besoek aan Heia Safari Landgoed

Geleë in die Suid-Afrika bosveld, ongeveer 40 kilometer van Pretoria en Johannesburg, is die driester Heia Safari landgoed wat skitterend die siel van Afrika vasvang. Kameelperde en sebras loop vrylik rond op die hotel perseel tussen 45 ruim twee-slaapkamer grasdak bungalows en verpoos soms by die sprankelende swembad om water te drink.

Besoekers kan ‘n rustige begeleide toer deur die landgoed se 650 hektaar wildreservaat aan die voet van die Swartkopberge onderneem. So ‘n toer sal besoekers in staat stel om renosters, seekoeie, buffels, wildebeeste, koedoes, rooibokke en kameelperde waar te neem. Voëlkykers het die geleentheid om 176 aangetekende voëlsoorte waar te neem waar hulle in hul natuurlike habitat verkeer.

Sondae is ‘n feestelike geleentheid by die Heia Safari landgoed. Dagbesoekers is welkom en kan hul dag met ‘n besigtigingstoer begin of eindig. Middagete is ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse braai wat rondom die swembadarea bedien word. Na die Sondagmiddagete bied die Mzumba Afrika dansers ‘n vertoning in ‘n outentieke Zoeloe-kraal aan en daar word die antieke stamlegendes deur danse gepaard met polsende tromme uitgebeeld. Die program sluit ook ‘n nabootsing in van die offer van ‘n stamprinses in ‘n reënmaak seremonie. Die heilige luislang-dans, wat die jong Venda-meisies se inlywingslied is, word ook aangebied. Die Zoeloe-oorlogsdans word ook aangebied asook die tradisionele Xhosa “kliek-lied” en ook die Shangaan-lied, Shosoloza, wat beteken “gaan in vrede”.

Die Erfenismeer is op die Heia Safari landgoed geleë en is ideaal geskik vir kanovaart en hengel. ‘n Aantal visarende het hul hier gevestig en dit is nie ‘n ongewone gesig om hierdie majestueuse voëls met besondere akkuraatheid te sien neerswiep en ‘n vis te vang nie.

Die Heia Safari restourant bied ‘n verskeidenheid lekker geregte wat in ‘n gesellige grasdak gebou of by die swembad bedien word. Konferensiefasiliteite vir tot 100 deelnemers is beskikbaar en die hotelgronde is ideaal vir spanbou-oefeninge. Die outentieke Zoeloe-stat is ideaal vir korporatiewe en jaareind-funksies.

Of jy nou ‘n Suid-Afrikaner is of ‘n besoeker aan die land, die Heia Safari Landgoed bied ‘n aangename wegbreek van die gewoel van die daaglikse lewe.