‘n Skouspelagtige Avontuur te Giants Castle

Kwazulu-Natal is bekend vir sy diversiteit van wildlewe. Seekoeie, Renosters, Sebras, Leeus, Olifante, Wildebeeste, Hiënas, Waterbokke, Kameelperde en Koedoes is diersoorte wat besoekers na hierdie kusprovinsie lok. In die golwende heuwels van die Drakensberge is ‘n wildreservaat wat aan besoekers die ondervinding van ‘n leeftyd bied gepaard met ‘n avontuur gevul met skouspelagtige natuurtonele, opwindende dierelewe en luukse akkommodasie. Die Giants Castle Wildreservaat is die volmaakte bestemming waar die natuurskoon van Suid-Afrika en Kwazulu-Natal ervaar kan word.

Die reservaat is ongeveer vyf en dertig duisend hektaar groot en is gestig in 1904 en is gevolglik een van die oudstes in die Drakensberg-omgewing. Die wisselende landskap van die platorand en die plantegroei in die reservaat is gevul met besondere wildlewe en ‘n groot verskeidenhied voëlspesies wat jaarliks honderde voëlkykers lok.

Besoekers aan die Giants Castele Wildreservaat kan uitsien om Kaapse Aasvoëls, Bebaarde Aasvoëls, Blesbokke, Jakkalse, Uile, Rietbokke, Kroonarende, Klipspringers en Verreau se Arende te sien . Die afwagting om die Bebaarde Assvoëls te kan sien word verhoog deur die feit dat die laaste twee honderd oorblywende broeipare van hierdie bedreigde spesie juis hier gevestig is.

Ander aktiwiteite by die reservaat is wandelroetes, hengel, voëlkyk, dagroetes, die Lammergeyer-skuiling, swem en begeleide toere na die prehistoriese rotskuns wat deur die San-mense agtergelaat is. Die Hoof Grotmuseum bied aan besoekers ‘n insig in die lewe van hierdie fassinerende groep mense en deel van die land se kultuurgeskiedenis met die gaste.

Benewens opwindende aktiwiteite en die aantrekkingskrag van wildsoorte te Giants Castle is daar ook gulde geleenthede vir fotograwe om elke draai met uitsigte en rustigheid wat slegs in die natuur moontlik is. Gerieflike akkommodasie, vriendelike personeel en natuurskoon wag angstig op besoekers om hierdie wonderwêreld met hulle te deel. Giants Castle Wildreservaat is definitief een van die wildlewe juwele van Kwazulu-Natal.