‘n Voetslaan Avontuur op die Woodcliffe Grot-roete
‘n Paar kilometer buite die dorpie Maclear is daar treffende natuurlike en antieke skatte in die Jonkershoekvallei wat wag op voetslaners op die Woodcliffe Grot-roete. Die roete self neem vyf dae om te voltooi en besoekers word uitgenooi om selfs langer te vertoef om die talle aktiwiteite daar te ervaar. Dit is ‘n ware inspirerende ervaring om een van die mees asemrowende wandelroetes te ontdek en besoekers kan gerus hul stewels aantrek en rugsakke pak en afsit na die Woodcliffe Grot-roete.
Die roete strek oor drie en vyftig kilometer en duur vyf dae om te voltooi. Die eerste skof is ‘n vyf kilometer tog na Tok se Grot waar stappers houtvure mag aansteek en die aandstilte kan geniet terwyl hulle gerieflik uitrus in hutte binne die grot. Een van die uitstaande kenmerke van hierdie rusplek is die majestieuse waterval voor die grot. Die tweede dag se roete strek oor ongeveer dertien kilometer en kruis weer die beginpunt, Woodcliffe plaas, waar stappers hul voorrade kan aanvul voordat hulle weer kamp opslaan. ‘n Goeie nagrus is nou noodsaaklik want die derde dag is die moeilikste een.
Om Reed Park te bereik moet stappers weer dertien kilometer aflê deur voerheuwels en uiteindelik ‘n steil helling na die kruin van die berg. Op dag vier word ‘n roete gevolg al langs de kruin van die berg en is dan afdraende na die Wide Valley Cottage. Op die laaste dag sal stappers die afstand met gemak in drie ure kan aflê na die Woodcliffe plaaswoning met warm stortbaddens en verversings.
Besoekers hoef egter nie noodwendig die vyfdagroete aan te pak nie. Baie gaan slegs tuis by Woodcliffe en ervaar daguitstappies met opgeleide gidse. Meer as ‘n honderd watervalle en bergpoele is in die omgewing waar ‘n uitgebreide verskeidenheid bergblomme besigtig kan word asook wildlewe wat met ponieritte ervaar kan word. Hengel, bergfietsritte en kransklim is maar ‘n paar van die aktiwiteite tot die besoeker se beskikking. Rotskuns en dinosaurus voetspore is ook deel van die aantrekkingskragte. Die Woodcliffe Grot-roete is meer as slegs ‘n voetslaan ervaring aangesien dit ‘n geleentheid is om die ongerepte natuur te ervaar soos dit sekerlik honderde jare gelede was.