Nedersetting Toere in Suid Afrika

Georganiseerde nedersetting toere in Suid Afrika het ‘n groot groei in
populariteit gesien. Groot hoeveelhede internasionale toeriste maak
besprekings op nedersetting toere in Johannesburg, Kaapstad en Port
Elizabeth. Meeste toere duur ‘n dag en sluit ‘n wye verskeidenheid
nedersetting aktiwiteite in, wat besoekers ‘n geleentheid gee om die unieke
leefstyl en atmosfeer van nedersettings te ondervind.

Wat is ‘n nedersetting? Toe die apartheid era in Suid Afrika bestaan het,
wat wit en swart bewoners geskei het, was swart bewoners nie in wit
woongebiede toegelaat nie en spesifieke areas was vir hulle gegee om in te
woon. Hierdie gebiede het bekend gestaan as nedersettings. Al is die
apartheid dae iets van die verlede, bly daar nogsteeds ‘n groot aantal mense
in die nedersettings. Die nedersettings het ‘n kultuur van sy eie,
addisoneel tot die Afrika kulture. Dit sluit die invloed van musiek,
dans, klere drag en spraak in.

Suid Afrikaanse nedersetting gidse is gewoonlik lede van die gemeenskap,
wat graag hulle ondervindings en omgewing met besoekers wil deel. Goed
georganiseerde nedersetting toere sal besoekers die geleentheid gee om
inwoners te ontmoet en self hierdie heeltemal anderse omgewing te ervaar.
Al het die nedersetting toeriste mark in Port Elizabeth begin, is dit Suid-Afrika se bekendste nedersetting, Soweto, wat die meeste besoekers lok.
Hierdie area is die gebied waar baie worstelings al plaasgevind het met plaaslike geskiedenis, kuns ateljees, plaaslike musiek en
Shebeens. Soweto het dus ‘n opregte nedersetting atmosfeer.

Voorsorg moet ten alle tye geneem word wanneer besoekers by nedersettings
ingaan, want daar is misdaad. Dit word voorgestel dat jy jou waardevolle
besittings by die huis of in jou hotel kamer los. Dit is baie belangrik
dat toeriste of besoekers nie alleen in die nedersettings in gaan nie, en
dat hulle altyd met ‘n nedersetting toer groep moet gaan. Toergidse sal
sorg vir die nodige vervoer en vir die voldoende nedersetting ervaring en
is gewoonlik propvol interressante stories, feite en informasie en sal meeste
vrae kan beantwoord.

Kom vinnig saam met ons op ‘n toer van Soweto. Tesame op die toer vervoer,
ry ons die nedersetting binne deur die Diepkloof Uitbreiding en gaan na ‘n
werker-koshuis. Hier ontmoet ons ‘n verskeidenheid vriendelike mense.
Daarna, ry ons na die Baragwanath, ‘n deel van Soweto. Ons stop by die taxi
staanplek waar ons mag uitklim en die plaaslike besienswaardigehede kan
verken. Daar is ‘n klompie pad smouse wat stalletjies op die sypadtjies het,
wat haarkappers en buitelig slaghuise en bossiedokters insluit. Nadat ons
klaar is by die taxi staanplek, gaan ons na ‘n Shebeen, wat ‘n tipe
nedersetting kroeg is, en geniet ‘n yskoue drankie. Die nedersetting vervoer
ry verby die Baragwanath Hospitaal. Die gids vertel onse dat hierdie die
grootste hospitaal in die suidelike halfrond is. Soos ons deur die areas
gery word, word ons vertel van belangrike gebeurtenisse en mense. Die
volgende plek wat ons besoek is die Hector Pietersen Museum. Dit is ‘n
pragtige herdenking wat fotos het van die Soweto studente oproer wat op 16
Junie 1976 plaas gevind het. Dit is n merkwaardige ervaring. Naby, is die
Nelson Mandela huis museum. Middagete is n smaaklike verskeidenheid van
nedersetting kosse wat Umqhusho (Samp en boontjies), Moroga (Spinasie),
vleis en groente insluit. Dit is waarlik ‘n onvergeetlike advontuur in die
hart van Suid Afrika se mense.