Olifant Safaris in Suid Afrika

Met ‘n gedruis onder jou terwyl jy stadig deur die bos beweeg, weet jy dat
die gedreun nie van ‘n enjin af kom die, maar jou binneste wat gedraai word
deur n lewende dier, n olifant. Daar is nie n beter manier om die Afrika
dierelewe te besigtig nie, as van die rug van n olifant af nie. Die olifant
rug safaris in Suid Afrika is beslis n onvergeetbare ondervinding wat jou
siel sal aanraak. Suid Afrika se olifant safaris is die perfekte manier om
na aan die dierelewe te kom, met n saggeaarde reus as jou metgesel. Olifant
rug safari’s in Suid Afrika is beskikbaar by verskeie plekke in Suid Afrika
en is definitief die onkoste werd.

Word bevriend met die wereld se grootste land diere, die Afrika Olifant.
Hierdie indrukwekkende “rymiddel” kan tot en met 6 ton weeg, tot 4 meter
hoog staan by hulle skouers en kan n spoed van 40 kilometer per uur bereik.
(Al hoewel jy nie dit nodig sal vind om so vinnig te reis nie!) Buiten
hulle majestueuse skoonheid, sal jy verbaas wees met elke olifant se
persoonlikheid. Somige lede van die trop is meer teruggetrokke terwyl ander
vol streke en mannewales is, of meer domineerend. Die interaksie met
hierdie wonderlike diere terwyl jy op hulle ry, is n unieke ondervinding en
jy kan soms jouself in die middel van n water spat kompetisie vind. Dit is
n ondervinding wat jy nooit sal vergeet nie.

Op n olifant rug safari het jy meer kans om die grootste wilds avontuur
van jou lewe te he. Die reuk van die olifante oorweldig die reuk van die
ruiter, wat jou toelaat om nader aan bokke, renosters, kameelperde en ander
Afrika diere te kom. Dink net aan al die diere wat jy kan sien van jou
lewende voertuig se rug af. Olifant rug safaris bied ‘n verskeidenheid
opsies aan van ‘n dag toer of n volle safari wat oor n paar dae strek verskaf.
Gemaklike sale sal aan die olifant vasgemaak word en n olifant kenner sal
jou bystaan deur die hele rit. Die rit self duur ongeveer een en n half
uur, party keer bietjie meer. Jy sal find dat jy vinnig in die ritme van
die olifant sal inval en etes word voor gesorg. Akkommodasie is van die
hoogste standaarde vir die besoekers wat beplan om langer te bly.

Kamp Jabulani
Kamp Jabulani is gelee in die Suid Afrikaanse Limpopo provinsie en was die
eerste reserwe wat olifant rug safari’s bekendgestel het. Die kamp is
vernoem na n jong olifant bul wat naby die reserwe gevind is, en na
gesondheid terug versorg is deur Lente Roode. Die stigter van Jabulani
Kamp, Lente Rooder, het later n trop van twaalf geskoolde olifante gevind
wat in gevaar was, in Zimbabwe. Hulle was na die Kapama Wild Reservaat in
Suid Afrika verhuis. Vandag is Jabulani n luukse tent camp met 13 volwasse
olifante naamlik Jabulani, Sebekwe, Nfuli, Jim, Semopane, Lundi, Bubu,
Mnuyati, Joe, Setombe, Tokwe, Fishan en Dande, wat baie gewillig is om jou
op n toer te neem. As n reservaat waar die groot 5 woon, sal jy leeus,
renosters, luiperde, buffels en natuurlik olifante te sien kry. Die
ondervinding is ook baie opvoedkundig, en die kamp kan direk gekontak word
vir besprekings en navrae.

Addo Olifant Rug Safari’s
Addo Olifant Rug Safari’s is in die Oostelike Provinsie van Suid Afrika en
offer jou die geleentheid om tussen die olifante deur te loop en te leer van
hulle gedrag, of jy kan n rit vat op die olifante en die natuurskoon van
Suid Afrika besigtig. Addo Olifant Park kan direct gekontak word inverband
met die kostes van die safari opsies.

Magaliesberg Olifant Toevlugsoord
Hierdie olifant toevlugsoord en gaste huis is gelee in die pragtige
Magaliesberg Berge van die Noord Westelike Provinsie. Daar is n oorvloed
van wildslewe om te besigtig insluitende twaalf mooie olifante. Die
olifants toevlugsoord glo daarin om ten volle betrokke te wees met die
olifant rug safari’s, die wandelings met die olifante en die versorging en
voeding van die liefdevolle reuse. Jy sal die geleentheid kry vir siels
vervulling en insig, deur net n paar oomblike met hierdie ongelooflike diere
te spandeer. Kontak die Olifant Toevlugsoord vir enige navrae.

Jou Suid Afrikaanse olifant rug safari sal n fantastiese avontuur wees,
en jou bind aan die natuur en die diere, wat hierdie onvergeetlike
geleentheid op jou pad bring.