Oprah Winfrey se Leierskap Akademie vir Meisies

‘n Groot aantal Suid-Afrikaanse meisies van minder bevoorregte
agtergronde, kan uitsien na ‘n 2007 propvol hoop, geleenthede en ‘n toekoms
wat opvoeding insluit. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie is in
Henley-op-Klip gebou, in Meyerton, om toekomstige Suid-Afrikaanse leiers op
te voed, waar hulle voorheen nie die geleenthede sou gehad het vir goeie
opvoeding nie. Die skool het Dinsdag, 2 Januarie 2007, sy deure oopgemaak
met ‘n verskeidenheid welbekende sterre en baie opgewondenheid.

Vir baie jare het Oprah Winfrey gedroom van ‘n inrigting wat ‘n skool sal
wees van hoë standaarde, wat spesifiek die noodsaak van meisies in
Suid-Afrika sal addresseer, wat van arm huishoudelike agtergronde af kom. Die
Oprah Winfrey Leierskap Akademie vir Meisies is onder die bestuur van die
Oprah Winfrey Leierskap Akademie Stigting. Die Akademie in Meyerton het net
die beste fasiliteite beskikbaar wat verblyf, ‘n eetkamer, ‘n gesondheid sentrum, gimnasium, biblioteek en teater insluit en nog baie meer.

Akademies vaardige meisies wat die skool bywoon, sal gehelp word om hulle
potensiaal in intelligensie, leierskap en sosiale eienskappe the bereik.
Daar is 152 meisies wat versigtig gekies is om die Akademie in 2007 by te
woon. Die groep sal in graad 7 en in graad 8 begin. In die jare wat voorlê,
beoog die Akademie om 450 minder bevoorregte meisies met ‘n uitstekende
gehalte opvoeding te voorsien. Onderwysers en administrateurs van
Suid-Afrika is noukeuring gekies om by hulle streng standaarde in te pas. Die
skool kurrikulum van die Leierskap Akademie sluit vakke soos wiskunde, tale,
sosiale wetenskappe, natuur wetenskap, kuns, kultuur en lewens onderrig
in. Uitgestrek oor al die aspekte van die skool is die tema van leierskap
ontwikkeling
.

Oprah Winfrey het hoë prys ontvang van Suid-Afrika se voormalige
president en welbekende, Nelson Mandela. Hy het gesê dat Oprah nie net ‘n
paar jong mense se lewens raak nie, maar die toekoms van die land. Hy het
ook gemerk dat Suid-Afrika diep verskuldig is aan Oprah se inspanning.

Die opening van die Oprah Winfrey Leierskap Akademie in Suid-Afrika, was
bygewoon deur ‘n groot aantal sterre. Tussen hulle was Mary J Blige,
Babyface, Tina Turner, Mariah Carey, Sydney Poitier en Chris Rock. Tesame
met die Hollywood sterre, was daar ook die bywoning deur Wangami Matai en Dr
Andrew Young, Suid-Afrika se voormalige VSA ambassadeur. Almal wat die
opening bygewoon het, het die geleentheid vreeslik geniet, asook ‘n
fantastiese opvoering deur India Arie. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie
is gestel daarop om die nasie met nuwe, opgevoede leiers te voorsien, wat
net voordelig vir Suid-Afrika kan wees.