Perde Safaris in Suid Afrika

Meeste perde ruiters en liefhebbers oor die wereld word baie opgewonde
met die vooruitsig om Afrika se groot 5 van die rug van ‘n perd te sien.
Selfs vir diegene wat nie hulself as ervare ruiters sien nie, kan perde
safaris nogsteeds n wonderlike avontuur vir hulle aanbied. Baie min natuur
toere bied hierdie wonderlike geleentheid aan, waar besoekers van die pad af
in die bosse kan in gaan, en fotos van hul gunsteling diere kan neem van n
paar meter weg. Daar is heelwat plekke in Suid Afrika wat perde safaris
aanbied. As jy kan perd ry of die geselskap van hierdie elegante diere
geniet, word jy aanbeveel om sou moontlik navra oor hierdie avontuur, by jou
naaste reis agentskap, te doen.

Perde is diere en meeste van die wildslewe kyk nie eens twee keer na
hulle nie. Dit beteken dat jy regtig naby kan kom aan ‘n hele verskeidenheid
diere sonder om aandag te trek. Natuurlik sal mense stemme en geluide die
diere weg skrik, en daar word gevra om praat tot n minimum te hou, sodat jy
die kans kan kry om die diere te sien. Baie Suid Afrikaners sal nie daaraan
droom om so naby aan die Afrika wild te kom sonder n enjin nie, maar met die
hoogte van die perd se rug en die sterk bene onder jou, laat dit jou baie
meer gerus voel. Jy kan nie net die diere makliker sien nie, maar van die
hoogte van n perd se rug, kan jy maklik die gevare tussen die lang gras
sien. Perde gee ook vir jou n vinnige weg kom kans, as daar dalk gevaar
kom, met ‘n onmiddelike top spoed van tussen 50 en 70 kilometer per uur. Dan
is daar ook die geleentheid om die natuur met een van die mens se getroue
metgeselle te geniet.

Die verskeie perde wandelpaaie en safaris wat beskikbaar is in Suid
Afrika, maak voorsorg vir onervare ruiters, ervare ruiters, en vir besoekers
wat vir die eesrte keer op n perd klim. Die wandelpaaie wat die groot 5 op
het, is slegs vir ervare ruiters en gidse wat die gesag het om roetes te
verander as hulle voel dat ruiters nie genoeg ervaring het om die die rit
veilig te ry nie. Dit word gedoen vir die veiligheid van gaste, om rede
onervare ruiters dalk van hulle perde kan afval as die perde miskien vir n
luiperd skrik, of die perde se natuurlike bewegings verhinder as hy van
gevaar probeer weg kom. Kalmer ritte het dalk nie die groot 5 nie, maar jy
sal nogsteeds baie wilde diere te sien kry en die rit net soveel geniet.
Dit is uiters belangrik om vir jou gids te luister en hom te volg, omrede hy
na jou veiligheid omsien.

Baie van die perde wat op die perde safaris gebruik word, word geteel
vir hulle gehardheid en saggeaarde temperamente. Boerperde is baie gewild
vir hierdie doel, asook Basuto ponies. Maar jy sal dalk ook Warmbloede,
Arabiere en Thoroughbreds ook vind. Meeste van die safari maapskappye koop
McLallan sale aan, wat goedkoop en effektief is, maar nie altyd baie
gemaklik is nie. Aangesien die perde en die ruiters baie belangrik is, sal
party luukse maatskappy handgemaakte sale aankoop wat spesifiek vir n sekere
perd se bou en liggaan gemaak is. Sale het ook partykeer skaapvel
“bumnah’s” op, wat n sagter rit vr die ruiter gee, maar kan ook baie warm
wees.

Perde safari’s kan n paar ure wees, of as die besoekers dit verkies, oor
die loop van n paar dae doen. Nie all maatskappy verskaf ruiters met
ryklere nie, om rede die grotes so verskil. Jy kan gemaklike jeans of
gespesialiseerde rybroeke, “Chaps”, n hoed en as jy verkies, handskoene dra.
Skoene met n klein, veilige hak en sonskerm word aanbeveel. Baie ruiters
word seer gebrand deur die son en insek weerder is ook aangeraai. Daar is n
wye verskeidenheid maatskappy wat perde safaris aanbied, en jou reis agent
sal ook vir jou advies kan gee en besprekeings vir jou kan maak.