Piketberg ─ Ontvlug van die Rotteren
Piketberg is geleë aan die voet van die Piketberg-bergreeks in die hartjie van die Wes-Kaap se Swartland. Dit is slegs ‘n uur per motor van Kaapstad en die skilderagtige dorpie bied aan stadsbewoners ‘n wegkomkans van die gejaag van die moderne stadslewe.
Die treffende Pieketbergreeks is gevorm van Tafelberg-sandsteen en styg op uit ‘n andersinds plat landskap. Die gebied aan die voet van die berge en rondom die dorp Piektberg is geskik vir die verbouing van van koring en sonneblom soos gesien kan word aan die oëskynlike oneindige goudkleurige graanlande en die geel sonneblomme. Die Versveldpas deur die Piketberg lei besoekers verby vrugteplase wat appels, pere, perskes en lemoene produseer asook die bekende Suid-Afrikaanse kruietee, Rooibos.
Die Piketberg-gebied is oorspronklik bewoon deur die San en die Khoi-San totdat die dorp in 1836 gestig is en daar word steeds uitstaande voorbeelde van San-rotskuns in die Piketberge aangetref. In Pieketberg se vroeë geskiedenis is ‘n kanon van die top van die berg afgevuur om boere te laat weet as ‘n skip die Kaapse hawe binnegegaan het. Dit was ‘n teken dat hulle hul produkte daar te koop kan gaan aanbied, maar was ook ‘n gebruik om gevaar aan te dui. Die oorspronklike kanon is tans voor die Pieketberg Hoërskool. Die Pieketberg Museum huisves talle interessante historiese artefakte asook ‘n uitstalling wat die rol van Piketberg in die Anglo-Boereoorlog uitbeeld.
Soos die geval in talle klein dorpies in Suid-Afrika is die Nederduits-Gereformeerde Kerk die oorheersende landmerk van Pieketberg. Die goed-bewaarde 19de eeuse neo-gotiese styl kerk is deur die Duitsgebore argitek, Carl Otto Hager (1813 – 1898) ontwerp. Hager is bekend vir talle landmerke wat hy dwarsoor die Wes-Kaap ontwerp het.
Daar is ‘n veelheid van aktiwiteite om te ervaar tydens ‘n besoek aan Pieketberg en dit sluit in perdry, staproetes, 4×4 roetes, gholf, tennis, mini-gholf, valskermspring, vaskermsweef, bergfietsroetes, hengel, wynproe en plaastoere. Akkommodasie opsies sluit in Bed-en-Ontbyt plekke, selfsorg eenhede en kampterreine. Dunn’s Castle, ontwerp deur sir Herbert Baker vir George Dunn en voltooi in die laat 1890’s, bied aan besoekers egte Suid-Afrikaanse gasvryheid in ‘n Viktoriaanse styl met ‘n uitsonderlike gesig oor die hele Swartland-gebied. Neem gerus ‘n blaaskans en besoek Pieketberg spoedig!