Polo-vakansies – ‘n Unieke wyse om Suid-Afrika te ervaar

Polo as ‘n sportsoort is in die negentiende eeu in Suid-Afrika gevestig. Dit is deur die Britse kavallerie wat in die Oos-Kaap gestasioneer was, gespeel. Die eerste toernooi in die streek was in 1885 te King Williamstown. Dit word beweer dat die Britte die spel in Indië gesien het, maar dat die werklike oorsprong daarvan onbekend is, maar tog met sterk verwysings na die Persiërs of die Sjinese. Dit is gevolglik nie ‘n eksklusiewe Britse sportsoort soos dikwels aanvaar word nie. Daar is tans sowat drie honderd en twintig spelers en drie en dertig klubs oor Suid-Afriks versprei.Ten einde die gewildheid van die sportsoort te bevorder word daar tans Polo-vakansies aangebied.

Die SA Polo Vereniging reëel spesiale programme en spesiale geleenthede, soos afrigtingsklinieke, en bied beurse aan vir opleiding om by te dra tot die ontwikkeling van Polospelers. As daar entoesiaste is wat geïnteresseerd is in Polo maar nog nooit die moed bymekaar geskraap het om dit te probeer nie moet hulle een van talle instansies in Suid-Afrika nader wat Polo-vakansies aanbied. Hierdie unieke vakansies bied ook intensiewe afrigting in die bevredigende spel Polo.

PoloAfrica is geleë in die Malutibergreeks en bied ‘n skouspelagtige Polo vakansiebestemming met Polovelde, opwarmingsgebiede en afrigting aan die beginners sowel as aan die gevorderde spelers in ‘n onvergeetlike natuurskoon omgewing. Die Franshoek Mountain Lodge and Polo School kombineer die aantrekkingskrag van privaat Polo-onderrig met perderitte deur die berge asook ander tydverdrywe soos wandelroetes, gholf, bergklim, hengel, wildbesigtigingsritte en voëlkyk. Die Oakland Country Manor, in samewerking met die Harrismith Poloklub, stel bekostigbare polo-pakette beskikbaar in die Drakensberg. Die Blueberry Park Polo School gee onderrig vir voornemende spelers en verkoop ook opgeleide ponies.

Polo is nie ‘n ontspannende spel nie aangesien ruitervernuf en fiksheid, hand-oog koördinasie en uithouvermoë beproef word. Dit is ‘n veeleisende spel wat spelers tot die uiterste beproef. Aangesien so baie van die plekke wat afrigting verskaf in van die mees skouspelagtige areas geleë is, is daar nie verskoning nie om hierdie aksiebelaaide sport te beproef nie.