Riding For Horses
Orals op die platteland is daar perde te sien wat rustig en wei in groen kampe. Hul grasievolle houding vul verbeeldings. Baie van ons het een of ander tyd ‘n interaksie met hierdie diere gehad of deur op hulle te ry of deur slegs tussen hulle hul teenwoordigheid te ervaar. Daar is egter baie van hulle wat nie hierdie ideale lewe lei nie en wat ly onder diie hand van onvriendelike mense. Daar is ook ander wat deur die dodelike Afrika Perdesiekte (African Horse Sickness of AHS) besmet is.
Riding For Horses is in 2008 begin deur twee passievolle persone. Lloyd en Isabel, toe twee van hul perde die dodelike AHS opgedoen het tydens ‘n rit van Port Alfred langs die Weskus. Beide perde het gelukkig die siekte oorleef, maar dit het die behoefte beklemtoon om mense op te voed ten opsigte van die versorging van perde asook die gevare van siektes soos veral AHS wat sonder waarskuwing kan toeslaan. Hulle het hul droom verwesenlik om ‘n projek tot stand te bring wat fondse sal genereer asook ‘n bewustheid van die Afrika Perdesiekte sal bevorder. Die projek sou ook die Transkei Equine Welfare Project ondersteun wat ‘n deel is van die Riding for Horses inisiatief.
Die reis om hierdie doelwitte te verwesenlik het in Julie 2009 begin waarna Lloyd en Isabel ses duisend drie honderd kilometers te perd voltooi het tot op datum. Om ‘n entstof vir die perdesiekte te ontwikkel sal R90 miljoen kos en hul reis is in die hoop om die fondse te genereer en om ‘n nasionale veldtog teen die siekte te begin en terselfdertyd werkswinkels te hou oor perdegesondheid, medikasiebeheer en bystand ten opsigte van terapie te bevorder.
Die rit sluit Durban, Mosambiek, Swaziland, die Noordwes Provinsie, Weskaap, Limpopo Provinisie, Oos-Kaap, Noord-Kaap, PortEdward in en sal sal na voltooiing sewe duisend kilometers te perd beteken. Die tydsduur van die reis word beïnvloed deur menslike uithouvernoë en rustyd vir die perde.
Dus, aan alle perde eienaars, as twee vreemdelinge op jou plaas opdaag vir ‘n ruskans, onvang hulle gerus grasvry want dit is die Riding for Horses projek.