Speedo Ysswem Afrika

Ses kouewater veterane en tot soveel as dertig ander swemmers Is reg vir een van die koudste swemgeleenthede in Afrika wanneer hulle in die yskoue dam by Fraserburg, naby Sutherland, in die middel van die winter gaan spring vir die eerste Speedo Ysswem Afrika

Geklee slegs in Speedo swembroeke, swempette en brille gaan die ses veterane, wat wêreldrekordhouers Ram Barkai en Theodore Yach insluit, poog om een myl in die yskoue Nuwedam by die afgeleë Fraserburg op 17 Julie te swem. Dit is een van die koudste streke in Afrika. Die dam se temperatuur sal na verwagtinge laer as 50C wees. Fraserburg is vyf ure per motor van Kaapstad en ‘n goedbewaarde klein dorpie en ook van die koudste plekke in Suid-Afrika.

Die idee kom van Barkai wat ‘n Guinness Wêreldrekord hou vir die mees suidelike swem (1 kilometer in ‘n ysmeer, 10C in Antarktika vroeg in 2008). Die swem in Fraserburg is ‘n eerste sodanige gebeurtenis in Afrika en Barkai is van voorneme om soortgelyke pogings in elke kontinent te loods (50C of kouer). Benewens hierdie een myl poging gaan dertig ander beginners ‘n afstand van 600 meter in Nuwedam aanpak. Die tyd van die jaar is die nagtemperature dikwels benede -100 C in die omgewing.

Barkai het die ooreenkoms gesluit met Speedo en het vyf ander kouewater spesialiste genooi om saam te swem. Hulle is: Theodore Yach, rekordhouer vir die meeste Robbeneiland na Kaapstad kruisings (57), Andrew Chin wat ‘n groep swemmers aangevoer het, insluitend Barkai in ‘n aflos die volle afstand van die Oranjerivier, Ryan Stramrood en Kieron Palframan wat beide al die Engelse Kanaal deurgeswem het en Toks Viviers, ‘n veteraan Robbeneiland kanaalswemmer wat verlede jaar rondom ‘n afgeleë Alaska-eiland geswem het (saam met Barkai, Chin, Stramrood en Palframan). Hulle is almal gereelde deelnemers aan die jaarlikse Cadiz-Vryheidswem van Robbeneiland na Bloubergstrand. Al die swemmers sal medies ondersoek word voor die swem aangesien die risiko van verkluim wesenlik is in water onder 50C. Alle deelnemers moet gereeld in koue water oefen. ‘n Medi-Clinic mediese tent met ‘n intensiewe sorgfasiliteit sal by Nuwedam ingerig word met dokters en verpleegsters om aandag aan die swemmers te gee as hulle uit die water kom. Alle nodige veiligheidsmaatreëls sal in plek wees. Daar is egter geen warm storte naby die dam nie aangesien dit ‘n hele aantal kilometers van Fraserburg is en gevolglik moet die organiseerders improviseer om die deelnemers te laat ontdooi na die swem.

In Fraserburg het die eienaars van die Kliphuis Restourant en Herberg, Herman en Ronel le Roux saam met Speedo en die organiseerders, Leap Communications, nou saamgewerk om die geleentheid te beplan. “Ons is baie opgewonde,” sê Ronel. “Hierdie tipe gebeurtenis kan toerisme na Fraserburg bevorder. Ons is baie opgewonde en is bevoorreg dat dit hier gaan gebeur.”

Barkai sê dat sukses in ‘n ysswem is in die kop is: “It is all in the mind. Most of the time we are the main obstacle in the way to doing things we never thought possible. So, get out of your way and let yourself do the impossible. But respect the challenge and prepare yourself. It will be a cool event,” het hy toegevoeg.

Speedo SA se Stuart Hopwood sê dat die gebeurtemis nie slegs ekstreem is nie, maar ook nuut en opwindend is en lok atlete wat presteerders is in lyn met Speedo se posisie as die nommer een swemdrag verskaffer ter wêreld. Addisionele borge sluit in die super multi-aanvuller Marcus Rohrer Sprolina en die homeopatiese Similasan reeks van oor-, oog en keelsorg produkte. Vir meer besonderhede skakel die organiseerder, Craig Doonan by 021 785 3683 of 083 463 1827; Speedo: Nicola Heimann by 082 527 6654; Fraserburg vir logistiek: Ronel le Roux by 083 227 2407.

English article contributed by Shirley Finkel-Hall