Suid Afrika se Goue Skatkis

Al was dit bekend dat Arabierse handelaars vir goud onderhandel het by
die binnelandse Afrika stamme, so vroeg as die 7de eeu, was dit eintelik in
ongeveer 1886, dat Suid Afrika n reputasie begin kry het vir hierdie
besonderse mineraal. Dit was in dieselfde jaar, dat George Harrison die
Hoof Klipbank op die Witwatersrand ontdek het, ongeveer 33 jaar nadat die
baie kleiner Pelgrimsrus naat begin het om gemyn te word. Vandag bly Suid
Afrika op die voorfront van die globale onderneming, al het sy posisie as
goud verskaffer oor die jare afgeneem.

Met die ontdekking van die klipbank in die Witwatersrand, het meenigde
goud myners en droom aangedrewe mense van ver en wyd gekom, om hulle stukkie
rykdom te vind. Die plaaslike munisipaliteit het die land wat langs aan die
klipbank gelee was, as privaat land aangewys, reg om deur enige iemand geeis
te word, wat opsoek was na skatte. Nie lank daarna nie, het die stad van
Johannesburg begin vorm vat, nie te ver weg nie. Al het die Boere hierna
toe getrek om weg te kom van die Britse troepe en al die oproer, het hulle
hulself in die middel van n stormloop mense gevind in die middel van n
Britse inval. Toe die oorlog skielik verby was, was dit net ‘n bevoorregte
paar wat dit reggekry het om rykdom uit die myne te kry. Terwyl hierdie
gelukkiges ons al lank al verlaat het, het hulle n legende van groote myn
maatskappye agtergelaat, wat gewillig is en gereed staan om hierdie
verrykende geel mineraal uit die aarde te greep te steel.

Vandag verskaf die Suid Afrikaanse mynbedryf, werk aan ongeveer 200 000
werkers, soos die myn vir goud voortduur. Al is die myne al bykans
uitgeput, strek hulle in in boog vorm tussen Evander na Mpumalanga, vir
ongeveer 500 kilometer. Johannesburg is die middelpunt van die bedryf, al
is die Vrystaat verantwoordelik vir meer as n derde van Suid Afrika se goud.
Maar dit is nogsteeds nie maanskyn en rose nie. Die onlangse
herstruktueering van die bedryf, het die sluiting van medigde kleiner myne
gesien, wat tot die verlies van 260 000 poste gelei het. Terwyl sommige
werkers hul lewensbrood verloor het, geniet die ander werkers die frugte van
die wette in verband met verbeterde werks kondisies en verblyf. Myners in
die Witwatersrand area se werk poste is vir n baie lang tyd verseker. Al is
die onkoste van goud myne baie hoog, besit Suid Afrika nogsteeds ongeveer 39
persent van die wereld se goud produseerende areas, wat Suid Afrika
nogsteeds in die wereld bedryf behou. Die klipbank in die Witwatersrand,
het waarlik die Goue Skatkis van Suid Afrika geword.