Suid-Afrikaanse Rots Kuns

Toe die Hollanders eers op die Suid-Afrikaanse kus geland het, het hulle
verkillende inheemse groepe mense gevind wat in klein stamme oor die land
gebly het. Hierdie mense was vredeliewende, kort en geharde mense met n
onuitputbare kennis van die natuur. In plaas daarvan om met vee te boer, het
hierdie groepies verkies om n swerwers-jagter leefstyl te geniet. Hulle het
van die land af gelewe en het verkies om in harmonie met die natuur te wees,
eerder as om dit te probeer domineer of te kompliseer. Die Hollanders het
hulle “Bushmen” genoem, omrede hulle die unieke bekwaamtheid gehad het om
slegs van die verskeie kosse te lewe wat die soms ru Afrika bos voorsien.
Egter is hierdie groep mense vandag bekend as die San mense. Terwyl meeste
van hulle binneland toe gedwing is in die 19de eeu, het hulle n ongelooflike
erfenis van Suid Afrikaanse rots kuns agter gelaat. Die Suid-Afrikaanse
rots kuns het al hordes kuns liefhebbers, geskiedenis liefhebbers en
toeriste na die verre hoeke van die land gelok, om die rots kuns te
besigtig.

Suid-Afrika het een van die rykste rots kuns erfenisse in die wereld.
Die kuns sluit skilderye en ingrafeerings in en is wyd verspreid oor die
suidelike gedeelte van die kontinent. Somige van die kuns dateer so ver
terug soos 25 000 jaar, met die mees onlangse kuns ongeveer 200 jaar oud is.
Die meerderheid van die rots ingrafeering is in die plato gebiede van die
land waar die buitenste laag van die rotse verwyder is om die ingrafeerings
te onwerp. Die rots kuns is baie meer uitgebrei en word in natuurlike rots
beskermde beskuttings gevind. Hulle is waarskynlik met fingers geverf, of
met dier haar borsels, fere en stokke. Pigment was verkry van n
verskeidenheid items. Gele en rooie is gekry van klonte in die grond wat
geoksideerde yster bevat, terwyl swart deur geoksideerde mangaan verkry is,
wat van gebrande bene af kom. Fyn klei poeier was gebruik vir die kleur
wit, en dit word gedink dat hulle gemenge eier albumen, bloed , uriene of
plant sap gebruik het om die pigment te help vassit aan die rots. Die
kunstenaars kon ook gebruik gemaak het van natuurlike rots vorms in hulle
skilderye en kon ook later by hulle ouer werk bygelas het.

Die rots kuns was gereeld geverf terwyl die kunstenaar in n beswyming
was, en daarvoor is baie van die figure heel eienaardig. Die kuns
weerspieel gereeld danse of hutte en die tyd wat die kuns geneem het. Elke
prent vertel n storie en jy kan maklik die omstandighede vir jouself
verbeel, wat plaasgevind het om die storie te skep. Klippe wat verskillende
kleure geverf is, word dikwels gevind, maar hierdie klippe het met hulle
begrafnisse te doen. As jy n groot verskeidenheid van die wonderlike rots
kuns wil besigtig, is daar heelwat museums wat in hierdie werk spesialiseer.
Die Kamberg Rots Kuns Sentrum in Kwazulu Natal is die mees onlangse
sentrum wat oop is vir publieke besoek. As ju dalk kans sien vir die
wildernis, kan van die grootste rots kuns plekke op voet bereik word. Die
Drakenberge en Vrystaat is die areas wat as die beste rots kuns plekke
gesien word.

Vir diegene wat belangstel in die besoek van rots kuns in Suid Afrika,
moet tog onthou dat die kuns uiters delikaat is, en dat alle rots kuns
lokasies deur die wet beskerm word teen enige skade of vandalisme. Dit sluit
in die nat maak of aanraking van die rots kuns. Dit is ook goed om te
onthou dat baie van hierdie plekke op privaat gronde is, en dat toestemming
eers van die land eienaar gevra moet word. Dit is ook aanbeveel om n gids
saam te vat, omrede hulle kosbare informasie het oor die rots kuns. Land
eienaars en gidse is heel vriendelik, en gee nie om, om n paar vrae to
beantwoord nie.