Time of the Writer Fees

Die Centre for Creative Arts (Sentrum vir Skeppende Kuns) is in 1996 gestig deur die Departement van Ontwikkeling en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hul hoofoogmerk was om geleenthede te skep vir kunstenaars en kreatiewe verwantskappe tussen verskillende kunsvorme te skep met die klem op veral musiek, digkuns, filmmaak en skilderkuns. Seminare, konserte opleidingsprogramme en werkswinkels word deur die Sentrum aangebied ten einde ‘n bewustheid te kweek vir kuns en dit te bevorder by die volwasse publiek en die jeug. Die Sentrum reël vier groot feeste elke jaar ─ een daarvan is die Time of Writer Festival.

Die doel van die Time of Writer Festival is om kunstenaars in alle vertakkings van die kuns bloot te stel aan die publiek en om aan deelnemers die geleentheid te bied om aan ‘n interaktiewe program deel te neem. Dit bied aan elkeen die geleentheid om verskillende kunsvorme te verken en om leiding te kry en te ontwikkel ten opsigte van hul eie werk en aspirasies. Vanjaar vind die Time of Writer Festival vir die elfde jaar plaas en duur van 25 tot 30 Maart 2008 in Durban. Die stad sal ‘n oplewing ervaar ten opsigte van artistieke uitbeeldings met meesterlike vakmanskap en optredes.

Dwarsdeur die dag word aktiwiteite aangebied by verskillende plekke rondom Durban en die beste voorbeelde van kuns van Suid-Afrika en Afrika is te besigtig. In die aande sal die Elizabeth Sneddon Teater by die Universiteit van KwaZulu-Natal die gasheer wees vir toeskouers om die plaaslike en internasionale skrywers en digters te hoor wanneer hulle hul mees resente skeppings voordra en ook daarna die geleentheid kry om aan besprekings deel te neem. By sodanige optredes word die publiek aangemoedig om vrae te vra en daardeur groter insig te verkry in die kunstenaar se werk en skeppende strewes. Presiese datums en tye sal spoedig bekend gemaak word.

Tydens die fees word daar elke jaar ‘n kortverhaal kompetisie, uitsluitlik vir skoliere, aangebied. Leerders word aangemoedig om ‘n kortverhaal in hul keuse van taal te skryf ─ Engels, Afrikaans of Zulu is die keuses. Elke verhaal moet vyf bladsye of minder wees en die wenners sal tydens die fees op 29 Maart aangekondig word.

Die Time of the Writer Festival is feesgeleentheid wat lewendig gehou word deur die land en die vasteland. Dit help onbekende kunstenaars en ontluikende letterkundiges om hulself aan die wêreld te bemark en hul kreatiewe denkprosesse met simpatieke gehore en feesgangers te deel.