Tsotsi – Oscar vir beste uitheemse taal rolprent

Dit was seker die grootste oomblik in the geskiedenis van die Suid
Afrikaanse rolprent bedrwyf. Tsotsi, die film wat die lewe van ‘n skurk in
Johannesburg volg, het die Oscar vir die beste uitheemse taal rolprent by
die jaarlikse Academy Awards, op Sondag die 5de Maart 2006, gewen.

Die rolprent is gebaseer op n roman wat geskryf is deur Athol Fugard.
Die direkteur, Gavin Hood, het die storie in n meer moderne agtergrond
geskep, en die hoof karakter omskep in n man wat groot geword het as n Vigs
weeskind. Tsotsi vertel die waagmoedige verhaal van n skruk, vertolk deur
Presley Chewenyagae, en sy onderhandelinge met n Johannesburg se bende. Die
hoof karakter is onaangetas deur die geweldadige wereld waarin hy lewe, en
sien sy aksies as normal, wanneer hy iemand met n mes steek vir geld, of n
bakleiery veroorsaak met hawelose mense. Alles verander wel, wanneer hy een
aand n vrou skiet en haar motor kaap. Dit is nie lank voordat hy agterkom
dat daar n babatjie in die motor se agterste sitplek is nie. Die babatjie
wek emosies van simpatie, terwyl hy poog om die baba te voer en te versorg.
Presley Chewenyagae speel n skitternde rol as die geharde bende lid, teenoor
die siels beseerde man binne in hom.

Direkteur, Gavin Hood, vertel dat Tsotsi beoog om n storie te skep wat n
algemene moreele boodskap dra. Die wereld waarin Tsotsi homself vind, is
wreed en onsimpatiek, en word uitgebeeld deur die hardvogtige realiteit van
die film. Die emosies waardeur die hoof karakter werk, word gesien in die
tonele waar hy terug keer na die huis waarhy groot geword het, wat uit
opeengehoopte sement pype bestaan. Dit is waar n meenigde weeskinders hul
nagte deur bring.

Tsotsi was die tweede Suid Afrikaanse rolprent wat genomineer is deur die
Academy Awards, met eerste nominasie wat vir die rolprent “Yesterday” was in
2004, ook in die kategorie vir beste uitheemse taal film. Gavin Hood het
die Oscar aanvaar met die woorde, “God Bless Africa”. Tsosti is n
uitstekende voorbeeld vir die Suid Afrikaanse rolprent bedryf, en het bewys
dat die rolprent al die standarde het wat nodig is om bo uit te kom.