Uitmuntende voëlkyk by die Nelsvley Natuurreservaat
Aan die bolope van die Nylrivier naby Naboomspruit in die Limpopo Provinsie is die Nylsvley Natuurreservaat wat bekend is vir sy groot hoeveelheid en wye diversiteit van voëllewe. Meer as 400 spesies is aangeteken in die reservaat wat deel vorm van Suid-Afrika se grootste vloedvlakte. Meer as ‘n honderd van hierdie spesies is watervoëls. Gedurende ‘n goeie reënseisoen is dit nie ongewoon nie as meer as 80 000 voëls in die Nyslvley Natuurreservaat aangeteken word nie en gevolglik is dit te verstane hoekom voëlkykers in sulke groot getalle na hierdie voëlparadys gelok word.
Van die watervoëls wat gevind word in die gebied broei minstens 58 spesies in die moerasse en dit is waarskynlik die grootste getal in Suid-Afrika. Verder word 23 van die watervoëlsoorte wat hier gesien in die reservaat gelys in die Rooi Databoek van bedreigde spesies terwyl minstens agt van hulle wel hier broei. Van die rare spesies wat hier opgetelen is, is die skaars gestreepte kraanvoël en ook die verskeidenheid reiers wat die groot wit kuifkopreier insluit.
Die Nylsvley Natuurreservaat word beskou as een van Suid-Afrika se pima voëlkykgebiede, maar van ewe groot belang is die bewaringsprojekte van die reservaat. Dit sluit veilige teëlplekke vir die rooibont wildebees en die Tsessebe in. Die biodiversiteit van die gebied is die onderwerp van intensiewe wetenskaplike navorsing deur plaaslike en buitelandse wetenskaplikes.
Die organisasie “Vriende van die Nylsvley en Nyl-vloedvlakte” bestaan uit toegewyde vrywilligers wat positief bewaring in die omgewing bevorder. Hulle oefen beheer uit oor die toestand van die fasiliteite vir besoekers en is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van voëlkyk-skuilings, wandelpaaie en toiletgeriewe asook die instandhouding van waterdrinkplekke vir die diere. Gebaande roetes stel besoekers in staat en die meeste te put in hul ontdekkingstogte in hierdie pragtige bewaringsgebied. Die “Vriende” bied ook kursusse aan en is verantwoordelik vir die jaarlikse voëlsensus asook ‘n wye reeks ander gebeurtenisse in die reservaat wat alles daarop gemik is om ‘n begrip te laat vorm van die belangikheid om hierdie vloedvlakte vir die nageslag te bewaar sodat ook hulle die geleentheid sal hê om die natuur op sy beste te geniet.