Verken die grootsheid van Karkloof Natuurreservaat
Die Karkloof Natuurreservaat is in die Natalse middelande geleë. Hierdie steil area met ‘n platkop met inheemse woude strek van Rietvlei tot by Curry’s Post ─ ‘n afstand van ongeveer 50 kilometer. Die 88 meter-hoë Karkloof waterval is ‘n verstommende gesig en besoekers kan dit geniet terwyl hulle ‘n piekniek hou of selfs braai in die skaduryke omgewing rondom die waterval.
As gevolg van die biodiversiteit het die Ezemvelo KZN Wildlife die groter Karkloof-gebied geïdentifiseer as saakmakend ten opsigte van natuurbewaring. Die reservaat bestaan tans uit 40% mistige gordel grasland en 60% mistige gordel bosse wat wissel van 1 000 tot 1 767 meter bo seevlak. Talle spesifieke en bykans spesifieke spesies flora en fauna floreer in hierdie unieke habitat. Voorbeelde is die subspesie gekroonde bleshoender en die Karkloof blou skoenlapper. Marshall en kroonarende maak neste en broei in die majestueuse swart en geel stinkhoutbome terwyl klein diersoorte soos die bosbok, blouduiker en apies vrylik rondbeweeg.
Voëlkyk by die Karkloof Natuurreservaat is ‘n besonder bevredigende tydverdryf wat selfs die endemiese bleshoender mag insluit. Voëlkykers het reeds meer as ‘n 100 voëlsoorte in die gebied ontdek. Voetslaners het verskillende interessante roetes wat hulle in staat stel om skouspelagtige natuurskoon en ses watervalle te besigtig. Ander aktiwiteite is bergfietsritte, hengel, en swem in natuurlike helder waterpoele.
Karkloof Natuurreservaat is deel van die Kwazulu Natal se Midlands Meander (kronkelroete). Hierdie roete sluit ‘n mengsel van 160 plekke om te koop, te eet, te drink en te slaap in en is ‘n aantal jare gelede geskep deur kunstenaars en tuisnyweraars wat besoekers van die gebaande weë wou lok om die ateljees en galerye te besigtig. Die onderneming was ‘n reuse sukses en word druk deur besoekers en toeriste ondersteun.
Die geskiedenis van die gebied dui daarop dat antieke San-jagters die area verlaat het om te ontkom aan die swart stamme, maar toe die wit setlaars die gebied ontdek het, was dit reeds weer verlate. ‘n Kerk wat in 1860 gebou is en as ‘n fort tydens die Ango-Zulu oorlog van 1879 gebruik is, staan verlate tussen setlaarsgrafte en bied ‘n kykie in Karkloof se verlede.
Karkloof Natuurreservaat en die omliggende gebied het baie om aan die besoeker te bied en ‘n besoek aan die Natalse Middelande verdien ook ‘n besoek aan Karkloof.