Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Wildekus is ‘n relatief ongeskonde eko-gebied met lang stroke rollende branders wat teen pragtige wit sanderige stande uitspoel. Met hoogwater breek die branders dramaties teen groot uitstaande rotse, terwyl met laagwater rotspoeletjies met ‘n verskeidenheid klein seediertjies verskyn. Riviere breek deur diep valleie na die Indiese Oseaan en ongeskonde woude lok avonturiers uit om die wondere van die natuur te ontdek.

Gewilde tydverdrywe langs die Wildekus in die Oos-Kaap is swem, hengel, onderwater-visvang, branderry, windski, perderitte, wandelroetes, voëlkyk, gholf en vlakwater-duik. Skubaduikers kan antieke skeepswrakke verken al langs die Wildekus. Die gedurige beweging van die see verseker dat die skeepswrakke nuwe fondse soos ou munte, breekware ens. gereeld beskikbaar maak vir duikers wat hulle verken.

Die gewilde Wildekus staproete kronkel deur gebiede met grotte, uitgespoelde skeepswrakke, baaie en rotswande om te verken. Korter roetes en daguitstappies sluit die Wild Coast Meander en die Wild Coast Amble in. Perdry roetes bied ook ‘n aangename wyse om die Wildekus te verken en daar is talle 4×4 roetes. Ten einde die natuurskoon te bewaar, word sterk aanbeveel dat 4×4 drywers by die aanbevole roetes bly en verkieslik van die dienste van plaaslike gidse gebruik maak.

Besoekers aan die Wildekus kan gerus Qunu besoek wat die geboorteplek van die voormalige staatspresident, Nelson Mandela, is. ‘n Besoek aan die Nelson Mandela Museum te Umtata is ook die moeite werd. Umtata is gestig in 1867 en daar is baie historiese geboue waaronder die Umtata Stadsaal wat in 1908 gebou is.

Geleë in subtropiese reënwoude aan die mond van die Umzimvuburivier is Port St Johns wat allerweë beskou word as die juweel van die Wildekus en terselfdertyd ‘n geskikte basis is waarvandaan die omliggende gebiede verken kan word. Port St Johns het drie uitstaande stande, verskeie rotspunte wat in die see in strek, en talle wandelroetes deur die bosse en bied ook bootritte in die rivier op. Eksotiese vrugtesoorte soos lietsjie, papaja en avokadopere word in die vallei gekweek en is geredelik beskikbaar. Goeie kwaliteit kralewerk, mandjies en kieries word deur die plaaslike inwoners gemaak en orals verkoop.

Die klein gemeenskappie van Koffiebaai, geleë tussen geil groen heuwels en die see in die hart van die Wildekus, bied eweneens skouspelagtige wandelroetes deur ongetemde kusbosse wat ‘n groot verskeidenheid voëllewe onderhou. Die geologiese fenomeen bekend as “die gat in die muur” is ‘n besienswaardigheid wat nie misgeloop mag word nie.

Bestemmings wat weg van die gebaande weë is, onder andere Mazeppabaai en Qoloramond. Om die plekke te bereik is nogal ‘n uitdaging, maar gereelde besoekers stem saam dat dit die moeite werd is. ‘n Besoek aan die Wildekus van Suid-Afrika is die soort vakansie wat sorg vir lang herinneringe.