Volkswagen AutoPavillion

Volkswagen Suid Afrika was in 1946 in Uitenhage gestig. Uitenhage is ‘n
klein industrieële dorp wat op die buite wyke van Port Elizabeth geleë is, op
die Tuin Roete in die Oos-Kaap. Die heel eerste Volkswagen Beetle, het van
die produskie lyn afgerol op 31 Augustus 1951, en hierdie klein karretjie
was die begin van suksesvolle voetuig oorheersing binne die Suid Afrikaanse
voertuig mark. Volkswagen Suid Afrika se mark aandeel het verdubbel vanaf
die 1980’s en het ‘n groot voertuig vervaardiger binne Suid Afrika
geword.

Volkswagen Suid Afrika het hulle 50ste verjaardag in 2001 gevier, en het
met trots gekyk hoe die Golf 4 1.6, uit die produksie lyn uitgerol het. Dit
was hulle 100 000ste uitvoer motor. Volkswagen Suid Afrika het getrou gebly
aan die publiek se vereistes deur baie veranderende tye, met die onhulling
van nuwe voertuie en bygebly met die konstante opgradering van motor
werksverrigting en bykomstighede. Vandag, kan Volkswagen Suid Afrika met
trots sê, dat hulle inderdaad die vervaardigers is van die publiek se
motors en die meerderheid van motors wat binne Suid Afrika verkoop word,
is Volkswagen.

Met so ‘n suksesvolle rekord, was dit net gepas dat die Volkswagen
Autopavillion
sy deure in Maart 2004 oopgemaak het. Die Volkswagen
Autopavillion is langsaan die hoof ingang van Volkswagen Suid Afrika in
Uitenhage geleë. Die gebou is so modern en tegnologies bevorder soos
sy ampsgenote in Wolfbürg (Autostadt) en die Audi Museum (Ingolstadt –
Duitsland). Om by te hou by die nuutste modes, terwyl hulle by die
geskiedenis van Volkswagen Suid Afrika byhou, is die 13 miljoen rand
AutoPavillion projek ‘n gebou waarvan Volkswagen en die bewoners van
Uitenhage en Port Elizabeth op trots kan wees.

Die Volkswagen AutoPavillion vertoon ‘n verkeidenheid motors wat van die
eerste Beetle wat in Suid Afrika beskikbaar was in 1951 tot die laaste Beetle
was in 1979 gebou is, strek. Daar is ook waardevolle geskiedkundige motors
en konsep motors. Die Volkswagen AutoPavillion het ook video voorstellings,
interaktiewe fasiliteite en skyfie-vertonings. Uitstallings bied ook baie
informasie in verband met spesifieke uitstallings, insluitende
geskiedkundige en huidige feite, wat die besoeker die vryheid gee om op sy
eie tyd te leer van die motors. Die boetiek het ‘n wye verskeidenheid
Volkswagen artiekels en memorobilia wat die publiek kan koop. Toere van
die Volkswagen fabriek
is oop vir die publiek en toere begin en eindig by
die AutoPavillion.

Enige Volkswagen geesdrigtige, of selfs motor liefhebbers in die geheel,
sal beslis hulle tyd hier geniet, want daar is iets vir almal. Die ouer gaste
sal die tye onthou en die herinneringe geniet wat hulle in ‘n Volkswagen
gemaak het, terwyl die jonger besoekers kan sien hoe die tegnologie en
motors oor die jare verbeter het en kan staan en droom van die Volkswagen
wat hulle eendag wil bestuur.