Volstruis Ritte in Suid Afrika

Baie besoekers aan hierdie afwisselende land, sal seker die Klein Karoo
verby steek, sonder wete van die unieke ondervindings wat hier wag. Net
soos in enige hoek van die land, is daar baie om te sien en om te doen.
Volstruis ritte en resies is net een van die opwindende ervarings wat hier
wag. Hierdie spesifieke voel word in sy duisende in die klein plaas dorpie
van Oudtshorn gevind. As jy al ooit gewonder het oor hierdie besonderse
geveerde kreature, is Oudthoorn die plek om te wees. Dit is ook een van die
min plekke in Suid Afrika waar jy Volstruis Ritte kan ondervind.

Oudtshoorn het bekend geword in die 1800’s toe volstruis vere oor die
hele wereld n noodsaaklike mode bykomstigheid geword het. Geen kleding stuk
was voltooi sonder n stukkie veer, of volstruis veer ‘boa’ om n dame se nek
nie. Die half woestyn gebied was gevind om die beste area te wees vir die
boer met volstruise en dit was nie lank voor die spoorwee in 1913, verstrek
was nie. Die dorpie het begin lewe kry met n oorvloed miljoener boere. Die
dorpie het vinnig begin gevul word met “veer paleise” wat kolossale
sandsteen geboue was, met luukse ornamente en ingewikkelde staal tralies.
Die hoe plafonne was versier en die vensters versier met gekleurede glas.
Vandag staan hierdie geboue as herinnering van die meer ryker dae. Die
volstruis veer mark het n afname in koope gesien geduurende die Eerste
Wereld Oorlog, maar het stadig hulle pad terug baklei met die toename van
toerisme.

Vandag is daar meer as een volstruis plaas wat oop is vir die publiek.
Moderne volstruis plase is meer gefokus op eiers, vleis en leer, as die vere
mark wat hulle gevestig het. Bedekte of ingegrafeerde volstruis eiers kan n
redelike klompie geld inbring, en die aanvraag na volstruis vleis het
vermeerder. Volstruis leer is sag en buigbaar, en word vir n wye
verskeidenheid leer produkte gebruik, plaaslik en internasionaal. Jou toer
van n volstruis plaas in Oudtshoorn begin gewoonlik met n fasineerende toer
van die fasiliteite. Jy sal leer hoe die eiers in broeimasjiene versorg
word en die versorging van die kuikens. Later sal jy voorgestel word aan
die vriendelike geveerde bewoners van die plaas, wat jy kan voer met die
hand en partkeer self n drukkie voor kan gee.

Wanneer die toer na n einde toe kom, sal meeste van die plase jou die
geleentheid gee om op een van die wonderlike voels te sit. Daar is egter n
gewigs beperking. Besoekers wat meer braaf is, kan ook die reuse voels ry,
maar dit is nie vir die met ‘n swak hart nie. Die ruiter sit heel ongemaklik
after die voel se vlerke en moet vooroor leun om aan die voel se nek vas te
hou. Die kap word dan van die volstruis se kop verwyder, en dan begin hy
dadelik by die baan af hardloop. Al kan wilde volstruise ‘n spoed van 70
kilometer n uur bereik, is dit heel onwaarskynlik dat hy dit in n geslote
area sal bereik. Na die resies, gly die ruiter by sy rug af, en die ruiter
is vry om na sy familie en vriende terug te keer, en sy ongelooflike
beleefenis oor te vertel. Na die besoekers resies, is daar n kans dat die
plaaslike “joggies” die skare sal vermaak deur n volstruis resies
byeenkoms.

Nog n opsie wat baie populer geword het, is om op voltruis eiers te loop.
Die dik, geharde dop is uiters weerstaanbaar en die publiek word genooi om
dit vir hulself uit te toets. Daar is nie n gewigs beperking nie, en is ook
nie so uitputtend soos volstruis ry nie. Toere word ook in verskeie tale
aangebied, en volstruis ry lesse en advies kan ook in die tale oorgedra
word. As jy dit geniet om in meer ongewone aktiwiteite deel te neem, moenie
van die Volstruis Ritte in Suid Afrika vergeet nie.