Vredefort Koepel

Suid-Afrika is trots op sy 7 Wereld Erfenis Persele, wat gesien word as
persele met belangrike kultureële, natuurlike en geskiedkundige waarde. Een
van hierdie natuurlike erfenis persele is die Vredefort Koepel in Suid-Afrika se Vrystaat Provinsie. Die oudste en die grootste meteoriet impaksone in die wereld en Vredefort Koepel het fasineerende kenmerke wat
toeriste se besoek aan hierdie sone die moeite werd sal maak.

Natuurwetenskaplikes glo dat die meteoriet impak struktuur, of Vredefort,
ongeveer 2 000 miljoen jaar terug gevorm is. Volgens navorsing kan die
natuurwetenskaplikes met redelike sekerheid sê, dat ‘n meteoriet groter as
Kaapstad met die aarde gebots het. Die impak het ‘n krater veroorsaak, wat
ongeveer 400 kilometer in deursneë is, en ‘n radius het van 190 kilometer,
wat vandag nog sigbaar is. Aardkundiges het ontdek dat die area se klein
heuwels en valleie, wat in die vorm van ‘n koepel is, deur die groot impak
van die meteoriet gemaak is. Hierdie ring heuwels was gevorm deur jare se
erosie van die koepel, wat oorspronklik gevorm was toe die rotse onder die
impak punt teruggekaats het.

Die Vredefort Koepel word gesien as die grootste en oudste impak
strukteer op aarde
, wat nog sigbaar is. Dit is groter as die welbekende
Sudbury impak sone in Kanada, wat ‘n deursneë van ongeveer 200 kilometer het.
Die heuwels van Vredefort is gekenmerk deur graniet rotse. Toe die
meteoriet die aarde geslaan het, het dit groot krake in die rotste onder die
impak sone veroorsaak. Die gesmelte rots het toe in die krake ingehardloop,
en kan vandag as die donker rots kranse gesien word.

Baie Natuur-wetenskaplikes glo dat die Vredefort Koepel testament is van die
grootse energie vrylatende ervaring op die aarde, en dink dat dit gelei
het tot globale veranderings en selfs evolusie transformasies. Die
struktuur word gesien as ‘n perseel wat baie die insig gee van die evolusie
van die Aarde asook die belangrike bewyse van die planeet se geologiese
geskiedenis. Dit is vir hierdie redes dat die Vredefort Koepel as ‘n Wereld
Erfenis Perseel
benoem is.

Bo en behalwe die wonderlike geskiedenis en geologiese belange van die
Vredefort Koepel, het die area ook ‘n reeks avontuur aktiwiteite om te
geniet. Na die toer van hierdie geologiese struktuur, kan toeriste en
besoekers perdry, staptoere doen, vlotvaart aanpak, “ab”-seil, fietsry of hulle
hand probeer in boogskiet. Of jy kan jou fasinerende toer van die area
voorsit met ‘n besoek aan die Venterskroon Wilde Olyf woude, plaaslike
distilleerders of Anglo-Boere Oorlog liggings.