Walvis Kyk in Suid Afrika

Suid Afrika, die land waar die warm water van die Indiese Oseaan, die
koue waters van die Atlantiese Oseaan ontmoet. In hierdie pragtige waters,
wat oorvloei met lewe, kan toeriste die ondervinding van n leeftyd kry, deur
die geleentheid te kry om die wereld se grootste dier te besigtig – die
walvis! Tussen die Junie en November maande kan besoekers hierdie
wonderlike dier dop hou, van die kus of op ‘n boot. Dit is definitief n
geleentheid wat geen besoeker wil misloop nie.

Die Southern Right Walvisse beweeg van die Atlantiese Oceaan na die Wes
Kaap se kus om geboorte te gee en hul kleintjies te versorg. Vanaf Kaapstad
tot by Durban hardloop ‘n strook al langs die kus, wat die Walvis Roete
genoem word. Die roete sluit die pragtige Tsitsikamma en die hele Tuinroete
in. Binne die oceane wat aan die Suid Afrikaanse kus is, is daar ongeveer
37 walvis en dolfyn spesies. Op die Walvis Roete kan besoekers verseker
wees om die Southern Right walvis te sien en die Humpback walvisse wat na
die Suid Afrikaanse kus migreer tussen Mei en Desember. Hermanus, is beslis
een van die welbekendste plekke vir walvis kyk. Die rede hiervoor is dat
die kranse in Hermanus jou ongelooflik naby aan die water en aan hierdie
mooie dier kan kry. Ander plekke wat ook populer is vir walvis kyk is,
Lambert’s Baai, Saldanha Baai, False Baai, Betty’s Baai, Gansbaai, Kaap
Aguhas, De Hoop, Still Baai, Mossel Baai, Ballot’s Baai, Victoria Baai,
Knysna Koppe, Plettenberg Baai en die Robberg Peninsula. Al langs hierdie
roete kan die besoeker verseker wees van pragtige landskappe, n land vol
diere lewe en voels wat van see voels wissel tot pikkewyne, en tot nou en
dan n rob. Dit is n totale natuur avontuur. Al langs die kus sal toeriste
op verskeie plekke bordtjies vind wat inligting verskaf op die see lewe en
diere van Suid Afrika.

Die beste manier om hierdie fantastiese dier te sien, is deur n boot
toer. Kan jy die opwinding indink, terwyl jy rustig op die water dryf, en
skielik die kolosale skadu onder jou sien! En dan, net n paar meter van jou
af, rys die ongelooflike dier uit die water om lug te skep. Om reg langs
aan n beskermende ma en haar kleintjie te wees. Dit is waarlik
asemrowend!

Terwyl jy na die pragtige diere kyk, sal jy sekere tipes gedrag kan raak
sien. Die uitblaas van water is hoe hulle asem haal, en die klap van hulle
massiewe sterte, word geglo, is deel van hulle kommunikasie proses.
Walvisse sal soms heeltemal uit die water uitrys en dan met ‘n geraas weer in
die water val, en dit word gedink dat hierdie aksie of deel is van hulle
kommunikasie, of help met die ontslae raak van parasiete, of dalk net gedoen
word vir oefening. Partykeer sal die walvisse ook net kop uitsteek om
vinning te sien wat om hulle is.

Suid Afrika is ‘n vinning groeiende walvis kyk destinasie met sekere parke
wat tot op die kus strek, wat besoekers die geleentheid gee om olifante te
kyk, en dan kus langs te reis vir die walvisse. Besoek gerus Suid Afrika se
kus
, en gaan kyk na die mees asemrowendse dier op aarde, die walvis.