Hoop op die horison vir Suid-Afrika se Vigs epidemie

In die jongste verlede is aandag gevestig op die stygende tendens ten opsigte van die voorkoms van VIGS in Suid-Afrika en dit het tot heelwat belangstelling gelei – sommige besorgdhede gegrond en ander ongegrond. Vrae duik op soos: Wat is werklik die VIGS situasie in Suid-Afrika? Is dit veilig om Suid-Afrika te besoek? Antwoorde is nodig sodat ‘n besoeker gemoedsrus kan hê tydens ‘n vakansie in die land.

Die VIGS epidemie in die land het sy oorsprong in die eerste aangetekende geval in 1982. Hierdie siekte is aanvanklik verbind met homoseksuele gedrag, maar teen 1985 was dit duidelik dit vele ander fasette van die samelewing betrek het en spoedig het die voorkoms daarvan buite beheer beweeg. In 1990 is die eerste voor-geboorte ondersoek gedoen en is bevind dat 0,8% van alle swanger vroue HIV positief was. Teen die volgende jaar het die getal heteroseksuele mense wat HIV positief was die getal homoseksuele mense met dieselfde toestand ingehaal. Sedertdien het heteroseksuele infeksies die hoofoorsaak vir die verspreiding van hierdie siekte geword.

In 1992 het Nelson Mandela die eerste saakmakende amptelike reaksie op hierdie probleem gegee toe hy die Nasionale VIGS Konferensie van Suid-Afrika toegespreek het en hoop gevestig het op die ontwikkeling van ‘n nasionale strategie om hierdie siekte die hoof te bied. Dit was ook die geleentheid toe die Nasionale VIGS Hulplyn in die lewe geroep is. Desondanks hierdie optredes het die HIV besmettings-persentasie onder swanger vroue in 1993 tot 4,3% gestyg. Sedertdien het verskeie lede van die regering betrokke geraak in ‘n voortslepende stryd van ontkenning en beskuldigings en ook onsuksesvolle pogings om die verspreiding van die siekte te beperk. VIGS infeksies het ongekende hoogtes bereik in die periode 1993 tot 2000 hoofsaaklik omdat die regering se fokus op ander sake, soos die presidensiële verkiesing, gevestig was en weinig aandag aan die stuit van die verspreiding van VIGS geskenk is.

Suid-Afrika het tans een van die hoogste VIGS infeksie persentasies ter wêreld. Teen Desember 2005 is 5,5 miljoen Suid-Afrikaners reeds met die virus besmet en het die sterftesyfer gestyg tot bykans 1 000 per dag. Dit bly moeilik om presies te bepaal hoe verreikend die implikasies van die besmetting is omdat die stigma rondom die siekte aanleiding gee tot die feit dat VIGS verwante sterftes dikwels verdoesel in plaas van gerapporteer word. Die VIGS epidemie het ook ander traumatiese gevolge – byvoorbeeld lei die dood van een of beide broodwinners in die gesin tot ‘n ongelooflike getal Vigs-weeskinders. Daar word bereken dat daar tans ongeveer 5,3 miljoen mense besmet is met die virus en dat daar ongeveer 1,2 miljoen Vigs-weeskinders is. Dit wil gelukkig voorkom asof die regering uiteindelik sterk optredes ter voorkoming van die verspreiding van VIGS en HIV in Suid-Afrika in werking stel. Ernstige pogings om anti-retrovirale medikasie meer toeganklik vir geïnfekteerde mense te maak – veral in die arm gemeenskappe – word aangevul met omvattende opvoedkundige aksies. Laasgenoemde veldtog promoveer veilige seksuele verkeer, onthouding van voorhuwelikse seks, getrou aan enkel-geslagsvennote en gereelde HIV toetsing ten einde bewuswees van HIV status te beklemtoon. Die opvoedkundige programme fokus veral op die jonger geslag wat minder vatbaar vir stamtradisies en vooroordele behoort te wees in waarskynlik meer begrip sal toon vir onveilige en toevallige seksuele verhoudings.

Behoort hierdie toedrag van sake voornemende besoekers aan Suid-Afrika te ontmoedig? Sekerlik nie! Hoewel die VIGS epidemie in Suid-Afrika tragies is, behoort dit nie voornemende besoekers aan hierdie mooi land af te sit nie. Toenemende begrip vir die wyse van verspreiding van die siekte het ook gelei tot ‘n verbeterde algemene begrip van die hantering van openbare veiligheid. Weerhouding van willekeurige seksuele ervarings met plaaslike alleenlopers sal beteken dat daar absoluut geen gevaar is om hierdie siekte op te doen nie. Dieselfde geld in elk geval vir besoeke aan enige land aangesien VIGS ‘n wêreldwye pandemie is wat bykans orals raakgeloop kan word.